Luister nou

Duisende moet nog toelaagkaarte omruil

Deur Seugnet van Zyl

Nagenoeg 150 000 mense wat van ’n Sassa-toelaag afhanklik is, het enkele dae oor om ’n nuwe kaart te kry om seker te maak dat hulle steeds dié broodnodige inkomste kan ontvang.

Die nuwe sperdatum om van ’n goue Sassa-kaart na ’n swart kaart om te skakel, is 31 Augustus.

Paseka Letsatsi, woordvoerder van Sassa, het Woensdag bevestig dat sowat 150 000 begunstigdes nog die oorgang na die nuwe swart kaart moet maak.

Letsatsi sê die veiligheidskenmerke van die goue kaarte is nie meer voldoende nie.

“Die goue kaarte se veiligheidskenmerke voldoen nie aan die nasionale betalingstelsel nie. Dit maak dié kaarte kwesbaar vir misbruik as dit verlore raak of gesteel word.”

Volgens Letsatsi is die oorskakeling na die swart kaarte bedoel om te verseker dat begunstigdes se toelaes beter beskerm is.

“Ons sal die oorskakelingsproses noukeurig dophou om seker te maak dat geen begunstigde nie toegang tot hul geld het nie. Ons sal eers ontspan as alle begunstigdes na die nuwe swart kaarte oorskakel is.”

Tammy Breedt, VF + se hoofwoordvoerder van maatskaplike ontwikkeling, sê die VF+ sien probleme met die oorskakelingsproses.

Breedt is veral bekommerd oor hoe ’n Sassa-begunstigde by Posbank met die oorskakelingsproses gehelp gaan word.

“Posbank is nie voorbereid nie. Posbank het nie alternatiewe nie. Baie van die poskantore in Suid-Afrika het toegemaak, wat beteken daar is nie maklik en nabygeleë plekke waar Sassa-begunstigdes hul goue kaarte kan omruil of hulle dienste van Posbank kan kry nie.”

Die oorskakelingsproses is slegs van toepassing op huidige die Sassa-begunstigdes wat nog maandeliks hulle toelaes deur Posbank ontvang. Begunstigdes kan wel ’n gewone rekening by enige ander bank in die land open om hul toelaes te ontvang.

“Geweldige bedrog was by die goue kaarte betrokke. Tussen 2012 en 2022 het meer as R500 miljoen by Sassa verlore gegaan weens verkeerde begunstigdes.”

Breedt sê dis nou al die hoeveelste keer in die afgelope vyf jaar wat Sassa-begunstigdes in kennis gestel is dat hulle hul toelaagkaarte moet vervang en die oorskakelingsperdatum is ook al herhaaldelik aangeskuif.

“Mense raak mismoedig as hulle vir ’n tweede, derde of vierde keer moet teruggaan om ’n swart kaart te kry of ’n vervanging vir ’n swart kaart te kry omdat joune nie werk nie.”

Volgens Breedt is daar tans sowat 28 miljoen Sassa-begunstigdes.

“Dit beteken 48% van Suid-Afrikaners leef van een of ander Sassa-toelaag.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-81-28-Aug-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (30)

Duisende moet nog toelaagkaarte omruil

Ernst Roets

Sokkerballe of kruise?

UNISA

UNISA: Minister moet ingryp

Willie Spies

Spies ingesweer as raadslid

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 28 Augustus 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wees lig!
Internasionale Perspektief nuut
VSA kry oorhand oor Iran
Untitled design (31)
Ek staan hier sonder hare of borste
Ernst Roets
Sokkerballe of kruise?
UNISA
UNISA: Minister moet ingryp

Luister nou