Die man wat as die Ruiter in Swart in foto-verhale menige skurk se einde beteken het, is in die ouderdom van 86-jaar oorlede.
Danie van Rensburg, wat die rol van Vonk de Ridder vertolk het, was ‘n akteur, perde-afrigter en held vir skoolkinders, troepe, en enige Suid-Afrikaner wat van Westerse storielyne gehou het.
Hy was bekend as die held wat net melk gedrink het en aan geheue-verlies gely het en was volgens lesers behoorlik die boere se Chuck Norris.
Edwin Lionel Strydom het vroeër vandeesweek die nuus gedeel en ‘n versorgingsoord in Nelspruit het bevestig dat hy op 16 Maart oorlede is, nadat hy onlangs geval en sy heup gebreek het.