Luister nou

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die Nasionale departement van gesondheid om beter maatreëls te ontwikkel vir die jeug se gebruik van damptoestelle, veral vir tieners tussen die ouderdom van 14- en 18.

Dit kom na ‘n onlangse studie oor die toename in tieners wat van damptoestelle gebruik maak, veral in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.

Luidens dié studie gebruik 17% van tieners tussen 14- en 18 jaar oud op ‘n gereelde basis ‘n damptoestel. 88% van respondente in die studie gebruik nikotien-produkte, terwyl talle mense onder die indruk is dat damptoestelle nie nikotien bevat nie, en dat dit juis gebruik word as ‘n manier om die rook van nikotien te halt.

Die DA se woordvoerder oor onderwys in die Wes-Kaap, Memory Booysen sê sy het vrae by die LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap ingedien om die DA se kommernis duidelik te maak.

Booysen sê hoewel die langtermyn uitwerking van damprook nog nagevors word, is daar tekens dat gifstowwe steeds vrygestel word, wat ‘n negatiewe impak het op die gebruiker se fisiese gesondheid en kognitiewe ontwikkeling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou