Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die Nasionale departement van gesondheid om beter maatreëls te ontwikkel vir die jeug se gebruik van damptoestelle, veral vir tieners tussen die ouderdom van 14- en 18.
Dit kom na ‘n onlangse studie oor die toename in tieners wat van damptoestelle gebruik maak, veral in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
Luidens dié studie gebruik 17% van tieners tussen 14- en 18 jaar oud op ‘n gereelde basis ‘n damptoestel. 88% van respondente in die studie gebruik nikotien-produkte, terwyl talle mense onder die indruk is dat damptoestelle nie nikotien bevat nie, en dat dit juis gebruik word as ‘n manier om die rook van nikotien te halt.
Die DA se woordvoerder oor onderwys in die Wes-Kaap, Memory Booysen sê sy het vrae by die LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap ingedien om die DA se kommernis duidelik te maak.
Booysen sê hoewel die langtermyn uitwerking van damprook nog nagevors word, is daar tekens dat gifstowwe steeds vrygestel word, wat ‘n negatiewe impak het op die gebruiker se fisiese gesondheid en kognitiewe ontwikkeling.