4 Februarie 2025
Alison Botha, wat in 1994 wreedaardig aangeval, verkrag en vir die dood agtergelaat is, se twee aanvallers – wat op parool vrygelaat was – is weer agter tralies.
Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, het ná deeglike oorweging en raadpleging van regsmenings Botha se aanvallers, Frans du Toit (56) en Theuns Kruger (55) se parool teruggetrek.
LEES OOK: Vrylating van Alison Botha se verkragters ‘n “bewyse van die strafregstelsel se agteruitgang”
Kruger en Du Toit is in 1995 lewenslange tronkstraf vir die gru-aanval in Gqeberha (Port Elizabeth) opgelê. Sy is 30 keer met ‘n mes gesteek, en keel is amper heeltemal afgesny.
Volgens Groenewald is sy uitgangspunt dat die gemeenskap beskerm en beveilig moet word, veral in gevalle waar geweld teen vroue en kinders gepleeg is.
Groenewald het in ‘n verklaring gesê dat die besluit geneem is ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste wat die minister magtig om parool te kanselleer van diegene wat lewenslank gevonnis is. Du Toit en Kruger is in Julie 2023 op parool vrygelaat.