Luister nou

Die Olimpiese Spele en die Weste se identiteitskrisis

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 15 Augustus 2024

Deur: Louis Boshoff

Gedurende die 2024 Olimpiese Spele word Sifan Hassan die eerste vrou om goue medaljes te wen in die 5 000m-, 10 000m- en maratonitems van ’n olimpiese spele. Dit kan gewis nie ontken word dat Hassan ’n Nederlandse burger is en onder die Nederlandse vlag deelgeneem het nie, maar daar kan seker ook gevra word of Etiopiërs mag deel in die feesvieringe? Mag die land waar Hassan die eerste 15 jaar van haar lewe deurgebring het en waar sy haar moedertaal leer praat het, dit ook húl medalje noem?

Tydens hierdie selfde spele wen Nelvie Raman Tiafack ’n bronsmedalje vir Duitsland in ’n boksitem. Hy is ’n boorling van Kameroen. Marco Arop wen vir Kanada ’n silwermedalje in die 800m vir mans. Hy is ’n boorling van Soedan. Bashir Abdi wen vir België ’n silwermedalje in die maraton vir mans. Hy is ’n boorling van Somalië. Christa Deguchi wen vir Kanada die goue medalje in judo. Sy is ’n boorling van Japan.

As daar gekyk word na Europese lande se medaljewenners wie se ouers immigrante was, is daar nog opmerklike statisiek: Billal Bennama, wat vir Frankryk ’n boksmedalje verower het, is een van ses kinders van ’n Algeriese pa. Nafissatou Thiam, wat vir België die sewekamp gewen het, is een van vier kinders van ’n Senegalese pa. Cyrena Samba-Mayela, wat vir Frankryk ’n silwermedalje in die 100m-hekkiesitem verower het, is die derde van sewe kinders van Kongolese ouers. Almal gevalle van families wat baie meer vrugbaar is as die etniese Europeërs onder wie hulle woon. Sofiane Oumiha, wat vir Frankryk ’n boksmedalje verower het, stel met trots in sy biografiese agtergrond op die olimpiese webblad dat hy getroud is en kinders het, dat hy Marokko elke somer besoek en dat hy die Marokkaanse kultuur ook verteenwoordig al is hy in Frankryk gebore.

Daar was sekerlik in enige era al enkele immigrante wat besondere prestasies behaal het in of vir die land waarheen hulle verhuis het, maar Westerse lande het duidelik ’n oormaat sulke voorbeelde opgelewer tydens hierdie spele. Veral as dit gekontrasteer word met lande soos China, Pakistan, Korea of Kenia wie se spanlyste en spanfoto’s bra homogeen voorkom.

Verder kan daar nie na enige van die bepaalde atlete vinger gewys word om te sê dat hierdie of daardie persoon ’n probleem is vir die land waarheen hy geëmigreer het nie, maar die feit dat so ’n groot breukdeel van dié lande se medaljes deur immigrante verower is, is ’n aanduiding dat daar wesenlik groot kulturele blokke van ander volke teenwoordig is as die volk wat 50 jaar gelede eksklusief met dié land geassosieer is. En ’n ander kultuur het noodwendig ’n ander toekomsvisie vir die land. Dit gaan beslis verdere spanning veroorsaak in die toekoms.

Ter samevatting is ’n kykie na die Olimpiese medaljeleer seker nie die beste politieke ontleding wat daar is nie, maar dit skets ten minste vir ons ’n prentjie – in goud, silwer en brons – dat die Weste ’n identiteitskrisis beleef.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking