Luister nou

Hof verklaar belangrike deel van NGV as ongrondwetlik

Deur Pretoria FM Nuusspan

24 Junie 2022

Die Noord-Gautengse hoogeregshof in Pretoria het ‘n belangrike deel van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) as ongrondwetlik verklaar.

Dit volg nadat die Noord- Gautengse hooggeregshof artikels 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheid met koste ongrondwetlik verklaar het.

LEES OOK: MEERDERHEID VAN KOMITEELEDE STEM TEN GUNSTE VAN NGV

Die Solidariteit Beweging het die wet in die hof laat hersien. Volgens die beweging was die staat se doelwitte met hierdie artikels om die weg te baan vir die NGV en om te kompenseer vir die bankrotskap van die staatskas.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê die regering wil beweeg na ’n stelsel waarin gesondheidsorg genasionaliseer word.

LEES OOK: SOLIDARITEIT LOODS PAIA-AANSOEK OOR NGV

“Artikels 36 tot 40 het bepaal dat gesondheidspraktisyns ʼn sertifikaat van behoefte vanaf die departement van gesondheid moet ontvang alvorens hulle ʼn praktyk in ʼn spesifieke area mag vestig.”

Hermann sê Solidariteit het in sy aansoek aangevoer dat die vereiste van ʼn sertifikaat van behoefte onregmatig inbreuk maak op gesondheidspraktisyns se reg om hul beroep te beoefen.

LEES OOK: PASOP VIR DIT WAT DIE STAAT WIL ‘GEE’

Solidariteit sê dat indien hierdie artikels in werking sou tree, dit as’t ware op die onteiening van gesondheidspraktisyns se ondernemings en eiendom sou neerkom en dat dit ten koste sou wees van sowel die praktisyns as diegene wat tans van hul dienste gebruik maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Fotokrediet: Netwerk24

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Padlangs

Wees lig!

Internasionale Perspektief nuut

VSA kry oorhand oor Iran

Untitled design (31)

Ek staan hier sonder hare of borste

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel
Brandstof 1
Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag
Stefan2
Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog
Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo
Konstitusionele hof wys aansoek van die hand
Fotokrediet: Netwerk24
Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Luister nou