Luister nou

Luister: DA opnuut bekommerd oor toename in DNS-agterstand

Deur Pretoria FM Nuusspan

11 Mei 2022

Die DA sê ‘n toename in die agterstand in DNS-toetse, beteken dat geregtigheid nie kan geskied vir die slagoffers van verkragting en ander geweldsmisdade nie. 

Die DA se Gautengse woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Crezanne Bosch sê duisende misdadigers is ook uit gevangenisse vrygelaat sonder dat DNS-monsters ooit geneem is. 

LEES OOK: DNS-MONSTERS VAN SKEDULE 8 OORTREDERS NOU VERPLIGTEND

Sy sê die agterstand veroorsaak bykomende en onnodige pyn vir die slagoffers en hulle families. Bosch meen die agterstand in die lewering van DNS-toetsuitslae is uiters kommerwekkend gegewe die hoë voorkoms van verkragtings in Suid-Afrika.

Volgens Bosch is daar daagliks nuwe DNS-toetse wat inkom, wat die agterstand net nog groter maak. Sy sê die agterstand kan daartoe lei dat ‘n saak van die hofrol geskrap word weens ‘n gebrek aan bewyse. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Adventure Life

Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Brandende motor - IOL

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Matrieks

Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners

Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord

Fotokrediet: Remitly

SA se finansiële vertroue bly stabiel

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
ANC se linkse vriende val een ná die ander
Grasland Nasionale Park 1
Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026
Fotokrediet: Adventure Life
Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek
Brandende motor - IOL
Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Luister nou