Luister nou

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Deur Redaksie

Solidariteit sê hulle gaan berigte ondersoek dat die Amerikaanse tegnologiereus Amazon ondernemings op grond van hul eienaars se ras van ’n sakeontwikkelingsprogram in Suid-Afrika uitsluit.

Solidariteit sê in ’n verklaring dat Amazon Web Services (AWS) se Ekwiteits-ekwivalente-beleggingsprogram (EEIP) dit as ’n uitdruklike deelnamevereiste stel dat ’n onderneming 100% in swart besit moet wees. Dit beteken dat ’n onderneming reeds van die program uitgesluit word indien ’n wit persoon ’n aandeelhouer daarvan is.

Op sy webblad beskryf Amazon die program as deel van sy strewe om “diversiteit en insluiting” te bevorder. Solidariteit meen egter dat daar niks divers of inklusief is aan ’n program waar die ras van ’n eienaar bepaal of sy onderneming toegang tot ekonomiese geleenthede kry nie.

Solidariteit sê hulle sal die program, die toelatingsvereistes en moontlike remedies deeglik ondersoek, en indien dit blyk dat die program inderdaad op absolute rasse-uitsluiting neerkom, die organisasie daarteen sal optree.

Volgens Solidariteit beroep Amazon, as ’n Amerikaanse multinasionale maatskappy, hom wêreldwyd op gelykheid en insluiting.

“Dit is daarom veral kommerwekkend indien ’n program in Suid-Afrika bedryf word wat ondernemings op grond van die velkleur van hul eienaars uitsluit.”

Solidariteit sê ras mag nie ’n toegangskaartjie tot ekonomiese geleenthede wees nie en dat absolute uitsluiting bloot op grond van ras juis die soort praktyk is waarteen Solidariteit hom plaaslik én internasionaal verset.

“Multinasionale maatskappye kan nie een stel waardes oor gelykheid en nie-diskriminasie aan die wêreld verkondig en dan in Suid-Afrika ’n ander maatstaf toepas nie. Waar absolute rassegrense toegepas word, sal Solidariteit dit ondersoek en, waar nodig, met mening daarteen optree.”

Amazon het in reaksie op navrae van Nuusweek gesê dat die ontwikkelingsprogram een van die maniere is waarop die maatskappy aan die land se vereistes vir breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging voldoen. Amazon het in ’n e-pos aan Nuusweek gesê dat alle maatskappye wat sake in Suid-Afrika doen, ekonomiese deelname onder swart Suid-Afrikaners moet bevorder. Amazon sê dat daar wel ander programme is waaraan maatskappye, wat nie aan die land se swartbemagtigingsvereistes voldoen nie, kan deelneem.

Volgens Amazon het die ontwikkelingsprogram sedert 2020 reeds 47 maatskappye in swart besit bygestaan met onder meer opleiding, operasionele befondsing en ondersteuning om markaandeel te verkry.

 

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-82-04-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

Meelbom landscape

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 4 September 2026

Supermark

Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse

Fotokrediet: Eating on a dime

Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag

Fotokrediet: AfriForum

Ouers het tot middernag om kinders te plaas

Ander Nuus Artikels

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys
Boer is nie vir sissies nie
WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM
ANC wil mag met megamunisipaliteit behou
Meelbom landscape
Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 4 September 2026
Supermark
Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse

Luister nou