Luister nou

Soektog in Pretoriuskop eindig tragies

Deur Walter Ernst

’n Soektogoperasie in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin het tragies geëindig nadat menslike oorskot in die Mesteldam gevind is.

Veldwagters het op 28 Augustus vier mense betrap wat na bewering onwettig met nette visgevang het.

Drie het hulle aan die owerhede oorgegee, maar die vierde het die dam binnegegaan om inhegtenisneming te ontduik.

’n Intensiewe reddingsoperasie is van stapel laat loop, maar die persoon is eers op 31 Augustus opgespoor nadat veldwagters die oorskot in die water gewaar het.

Die oorskot is met die hulp van nooddienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens uit die dam gehaal.

Die polisie lei nou die formele ondersoek en forensiese identifikasie om die oorledene se identiteit vas te stel.

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou