Luister nou

AfriForum sê hokaai met NGV-regulasies

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle is van mening dat die voorgestelde bestuursregulasies vir die Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds nie ingestel behoort te word voordat hofgedinge teen NGV afgehandel is nie.

AfriForum meen ook dat daar verskeie tegniese gebreke in die voorgestelde regulasies is wat die implementering daarvan sal bemoeilik. DIT is deel van die organisasie se uitgebreide kommentaar wat hy teen die NGV-stelsel ingedien het.

‘n Veldtogbeampte vir gesondheid by AfriForum, Louis Boshoff sê dit is vir die organisasie belangrik dat daar tydens elke stap van die grondwetlike proses teenkanting gebied moet word teen die NGV-stelsel.

Hy sê die afkeur van hierdie konsepregulasies kan ’n belangrike tree wees om die implementering van die NGV-wet te staak.

Die konsepregulasies vir die bestuur van die NGV-fonds is op 6 Maart vanjaar uitgereik en daar word drie maande geleentheid vir openbare kommentaar gebied.

Boshoff meen dit is duidelik dat daar tans sterk politieke druk is om staatsbesteding te besnoei en dat daar geen ruimte is om belasting te verhoog nie, dus behoort dit voor die hand liggend te wees dat die implementering van NGV nie nou kan voortgaan nie.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou