Luister nou

Ramaphosa, minister bly verbind tot die omstrede NGV

Deur Pretoria FM Nuusspan

7 Februarie 2025

President Cyril Ramaphosa sê is hy verbind daartoe om voort te gaan met die werk om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te stel.

Dit kom te midde van verwarring tydens gisteraand se Staatsrede oor of daar wysigings gemaak gaan word om die privaat mediese fondse te beskerm, want Ramaphosa het nie enige duidelikheid daaroor gegee nie.

Die implementering van die NGV is steeds ‘n bron van twis tussen die ANC en die DA.

Die minister van gesondheid, dr Aaron Motsoaledi, het gister gesê hy is nie bewus van enige wysigings wat gemaak gaan word in verband met privaat mediese fondse nie.

Die regering beplan om ‘n reuse veldtog vanjaar van stapel te laat loop om anti-retrovirale behandeling aan ‘n bykomende 1,1-miljoen mense te verskaf.

Intussen het lede van die parlementêre komitee oor gesondheid tydens ‘n onlangse inligtingsessie aan Motsoaledi gesê dat Suid-Afrika ’n onafhankliker gesondheidstelsel moet hê en minder op buitelandse geldhulp staatmaak.

Miljoene Suid-Afrikaners met MIV/vigs word geraak nadat die Amerikaanse president, Donald Trump verlede maand beveel het dat sy regering alle finansiering aan buitelandse hulporganisasies vir 90 dae staak waarna die finansiering hersien sal word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou