Luister nou

Alison Botha se aanvallers terug agter tralies

Deur Pretoria FM Nuusspan

4 Februarie 2025

Alison Botha, wat in 1994 wreedaardig aangeval, verkrag en vir die dood agtergelaat is, se twee aanvallers – wat op parool vrygelaat was – is weer agter tralies.

Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, het ná deeglike oorweging en raadpleging van regsmenings Botha se aanvallers, Frans du Toit (56) en Theuns Kruger (55) se parool teruggetrek.

LEES OOK: Vrylating van Alison Botha se verkragters ‘n “bewyse van die strafregstelsel se agteruitgang”

Kruger en Du Toit is in 1995 lewenslange tronkstraf vir die gru-aanval in Gqeberha (Port Elizabeth) opgelê. Sy is 30 keer met ‘n mes gesteek, en keel is amper heeltemal afgesny.

Volgens Groenewald is sy uitgangspunt dat die gemeenskap beskerm en beveilig moet word, veral in gevalle waar geweld teen vroue en kinders gepleeg is.

Groenewald het in ‘n verklaring gesê dat die besluit geneem is ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste wat die minister magtig om parool te kanselleer van diegene wat lewenslank gevonnis is. Du Toit en Kruger is in Julie 2023 op parool vrygelaat.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking