Luister nou

Die DA stem nie saam met matriekuitslae nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

17 Januarie 2025

Terwyl die DA-lid – en minister van basiese onderwys – Siviwe Gwarube met trots aangekondig het die 2024-matriekslaagsyfer van 87,3% is die hoogste in die land se geskiedenis is, sê haar party dat die reële slaagsyfer 53,6% was.

Die DA se woordvoerder oor basiese onderwys, Delmaine Christians, sê die departement van basiese onderwys se amptelike slaagsyfer neem net diegene in ag wat die matriekeksamen skryf.

Christiaans het haar stem by die koor van stemme gevoeg wat sê die syfers wat dié week aangekondig is hou nie rekening met die groot aantal leerders wat langs die pad uitval nie.

Van die nagenoeg 1,15-miljoen leerders wat in 2022 in graad tien was, het net meer as 705 000 in 2024 matriek geskryf.

Gwarube het tydens die bekendmaking van die uitslae gesê dat dit ‘n wanvoorstelling sal wees om te aanvaar dat al die leerlinge wat nie die eindeksamen geskryf het nie – uitgeval het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?

Luister nou