Luister nou

Suid-Afrika wil die 2036 Olimpiese Spele aanbied

Deur Pretoria FM Nuusspan

25 November 2024

Suid-Afrika het amptelik sy bedoeling aangedui om die Olimpiese- en Paralimpiese spele in 2036 aan te bied.

SASCOC se president, Barry Hendricks het tesame met die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie met die Internasionale Olimpiese Komitee by sy hoofkwartier in Lousanne – in Switserland – vergader.

Dit kom na McKenzie tydens die IOK se president, Thomas Bach, se besoek verlede maand aan Suid-Afrika reeds voelers uitgesteek het.

In hierdie voorlopige stadium behels die proses die uitvoer van ‘n omvattende uitvoerbaarheidstudie om die land se vermoë en geskiktheid om die spele aan te bied, te evalueer.

Die volgende Olimpiese Spele sal in 2028 in Los Angeles gehou word, met Brisbane in Australië wat aangewys is om die 2032-geleentheid aan te bied.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou