Luister nou

Mejuffrou Suid-Afrika onttrek uit Mej. Heelal-kompetisie

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 November 2024

2024 se Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux sal nie meer aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie deelneem nie.

Volgens ‘n amptelike verklaring deur die Mejuffrou Suid-Afrika-organisasie moes Le Roux as deelnemer onttrek weens kommer oor haar gesondheid. Sy het in Augustus geskiedenis gemaak toe sy die eerste dowe persoon geword het wat dié titel kon verower.

In die verklaring het Le Roux gesê sy is dankbaar aan elke persoon wat haar ondersteun het in die tyd wat sy reeds in Meksiko deurgebring het ter voorbereiding vir die Mejuffrou Heelal-kompetisie, wat Sondag, 17 November, plaasvind.

Sy sê om te onttrek was ‘n baie moeilike besluit omdat sy weet dat mense hulle hoop en drome op haar skouers geplaas het. “Ek is egter baie dankbaar dat ek die geleentheid gegun is om te fokus op my gesondheid en die herstelproses, sodat ek my tyd as Mejuffrou Suid-Afrika kan voortsit.”

Dit is onbekend watter gesondheidsprobleme Le Roux ervaar.

Die Mejuffrou Suid-Afrika-organisasie sê hy is trots op Le Roux se braafheid, en dat haar gesondheid en welstand die belangrikste prioriteit bly.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou