Luister nou

Taiwan kritiseer Dirco-besluit om sy skakelkantoor te skuif

Deur Pretoria FM Nuusspan

18 Oktober 2024

Diplomate van Taiwan sê die Suid-Afrikaanse regering probeer konflik uitlok deur te eis dat dié land sy kantoor uit Pretoria skuif, en voer ook aan dat die regering onder druk van China geswig het.

Volgens Taiwanse mediahuise gaan Taipei nie gelate aan dié versoek toegee nie en dreig hy om opvoedkundige uitruilingsooreenkomste op te skort, strenger visumvereistes vir Suid-Afrikaners in te stel en dat hy ook sal eis dat SA sy kantoor in Taiwan uit die hoofstad, Taipei, moet skuif.

Die nuusdiens, die Daily Maverick sê hy het onafhanklik bevestig dat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Dirco, daarop aangedring het dat Taiwan sy kantoor teen die einde van hierdie maand reeds van Pretoria, waarskynlik na Johannesburg, verskuif.

Soos die meeste lande ter wêreld, erken Suid-Afrika nie amptelik Taiwan as ‘n land apart van China nie.

Dit sedert Suid-Afrika in 1998 diplomatieke erkenning van Taiwan na China oorgeskuif het. 

Foto: Google Maps

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou