Luister nou

Bela: Die uurglas loop leeg

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 16 Oktober 2024

Deur: Ilze Nieuwoudt

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, noem dit ’n kaping van Afrikaanse skole. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, noem dit die grootste daad van kolonialisme. En Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê “die ergste ding wat ’n regering kan doen, is om ’n gemeenskap se skole en kinders te teiken”.

Noem dit wat jy wil, maar die gewraakte Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys 32 van 2024, oftewel die Bela-wet, kan die landskap van Afrikaanse skole bykans oornag verander.

Die Bela-wetsontwerp waarteen AfriForum en talle ander Afrikaanse organisasies sedert 2017 veg, is in September 2024 deur president Cyril Ramaphosa as wet ingestel. Die implementering van twee sleutelartikels wat sedert die begin aan die hart van AfriForum se veldtog teen Bela gestaan het en ingrypende implikasies op openbare skole se taal- en toelatingsbeleide sal hê, is egter ter elfder ure – ná gesprekvoering met AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, en die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann – met drie maande uitgestel.

Ramaphosa se besluit is volgens die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, in belang van eenheid in die land geneem. Hoewel dit beslis nie eenheid tussen partye vir en teen die nuwe Onderwyswet gebring het nie, het nagenoeg 50 belanghebbende organisasies en meer as 70 skole verlede week by die Bela-aksieberaad byeengekom en ’n historiese resolusie ter beskerming van Afrikaans en Afrikaanse skole aanvaar.

Dié gemeenskap verklaar nou prontuit: Los ons skole uit!

Dit is wêrelde verwyderd van hoe ’n feesjaar ter viering van Afrikaans se eerste 100 jaar as amptelike taal daarna moes uitsien, maar wanneer hierdie geliefde taal van miljoene bedreig word en Afrikaanse skole se voortbestaan deur wetgewing wat verengelsing wil afdwing in die weegskaal kom, kan dit nie anders nie. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, noem dit die rooilyn wat nou oortree is.

Die resolusie wat aanvaar is, stel dit duidelik dat die breë Afrikaanse gemeenskap “enige aanval op of verskraling van moedertaalonderrig in die algemeen en Afrikaans spesifiek” verwerp; dat Bela neig om aan die staat meer mag oor skole te gee en dus “ouers se gesag ernstig ondermyn”; dat die Gautengse Onderwysdepartement se vyandige houding teenoor Afrikaanse skole verwerp word; en dat die artikels oor skole se taal- en toelatingsbeleide wat “aan die onderwyshoof die reg gee om aan skole voor te skryf oor taal en toelating” geskrap moet word.

As deel van die aksieplan vir die beskerming van Afrikaanse skole, is onder meer besluit om op 5 November ’n dag van protes te hou as teken van Afrikaanssprekendes se verwerping van die aanval op moedertaalonderrig in skole. Op dié dag sal ’n protesoptog vanaf die Voortrekkermonument na die naburige Vryheidspark aan die buitewyke van Pretoria gehou word.

Sou die gewraakte artikels ná die konsultasietydperk van drie maande wel ingestel word, sal AfriForum en ander organisasies met hul regstappe teen die wet sal voortgaan en AfriForum sal ook later in November die Afrikaanse gemeenskap se standpunte rakende Bela by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switserland belig.

En nou? Nou moet daar vir Afrikaans geveg word. Op 5 November sal die geskiedenis waaroor die volgende generasie sal nadink, waarskynlik bepaal word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou