Luister nou

Iran wil Israel uitwis en die Midde-Ooste domineer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 15 April 2024

Deur: Jaco Kleynhans

Saterdagaand se reeks lugaanvalle deur Iran op Israel is nie bloot net deel van die huidige stryd om die Gasa-strook, of selfs net in reaksie op Israel se beweerde betrokkenheid by ʼn aanval op Iran se konsulaat in Damaskus, Sirië nie. Iran se besluit om 300 missiele en hommeltuie vanaf sy eie grondgebied op Israel af te vuur, is ʼn volgende stap in ʼn dekades lange stryd waarin die ajatollas, wat Iran met ʼn ystervuis regeer, Israel wil uitwis, maar ook ʼn dominante magsrol in die Midde-Ooste wil inneem.

Sedert die Iranse Revolusie in 1979, toe ʼn pro-Westerse en pro-Israel-regering in Iran omver gewerp en deur ʼn fundamentalisties-Islamitiese-regime vervang is, is dit die doel van Iran om Israel uit te wis en om die dominerende rolspeler in die Midde-Ooste te word. Iran is ʼn meerderheid Sjiïtiese-Moslemland en die afgelope vyf dekades voer die regime in Teheran ʼn verbete stryd teen Soenniete-rolspelers soos Saoedi-Arabië.

Iran het egter ook oor die jare heen ʼn indrukwekkende groep organisasies, waarvan talle as terreurgroepe geklassifiseer kan word, in lande soos Irak, Sirië, Jemen en Libanon ontwikkel. Hezbollah in Libanon is die magtigste van hierdie groepe en het na bewering meer as 100 000 vuurpyle wat hulle vanuit die suide van Libanon op Israel kan afvuur sou Iran besluit om ʼn volskaalse oorlog teen Israel te begin.

Vrese dat Iran ʼn kernwapen kan vervaardig het ook die afgelope dekade toegeneem en die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, het streng sanksies teen Iran ingestel. President Biden, Amerika se huidige president het egter die sanksies verslap en weer miljarde dollars aan Iran, wat bevries was, beskikbaar gestel. Biden se Iran-beleid het klaaglik misluk.

Iran is vandag nader as ooit tevore om ʼn kernwapen te ontwikkel met die uitsluitlike doel om Israel aan te val. Oor die afgelope twee dekades het Iran die verdeeldheid onder Palestyne en die opkoms van Hamas tot sy eie voordeel benut. Daar is goeie rede om te glo dat senior generaals van Iran direk betrokke was by gesprekke in Beirut, Libanon waar Hamas se aanval op Israel aanvanklik beplan is.

Die afgelope paar maande het Iran se stryd teen Israel, wat ʼn ideologiese en fundamentalistiese geloofsoorlog is, drasties geëskaleer. Die Houthi-rebelle in Jemen, het met die hulp van Iran en Irannese wapens chaos in die Rooisee veroorsaak met hulle aanvalle op kommersiële skepe.

Irannese proksies in Sirië, Irak en Libanon het die afgelope maande verskeie aanvalle op Israel en Amerikaanse teikens uitgevoer. Israel se besluit om op 1 April lede van die Iranse Revolusionêre Wag in ʼn aanval op Iran se konsulaat in Damaskus uit te skakel was ʼn direkte reaksie op Iran se groeiende invloed in Sirië. Die afgelope paar weke is daar talle geloofwaardige berigte oor die toename in wapens uit Iran wat na die Wesoewer gesmokkel word.

Saterdagaand het Amerika, Israel, Jordanië, Frankryk, Brittanje en nog lande saamgewerk om die meeste missiele en hommeltuie af te skiet. In ʼn groter oorlog waar Hezbollah en groepe uit Sirië, Jemen en Irak ook betrokke raak, kan baie leliker gevolge inhou. Daarmee saam kan Amerika in ʼn reuse-oorlog betrek word. Iets wat verhoed kon en moes word. Dit lyk egter toenemend of die tyd om so ‘n oorlog te voorkom uitloop.

Foto: Reuters

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou