Luister nou

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Deur Redaksie

Andy Burnham het die afgelope week Brittanje se sewende eerste minister in tien jaar geword.

Burnham was van 2017 tot 2026 die burgemeester van Greater Manchester. Hy het gedurende Junie ’n tussenverkiesing in Makersfield gewen wat hom ’n parlementêre setel besorg het. Uit die staanspoor het Burnham dit duidelik gemaak dat hy van voorneme is om die Britse premier, Keir Starmer, uit te daag. As enigste kandidaat vir die leiersposisie van die Arbeidersparty is Burnham verlede Vrydag dus ook as die nuwe Britse eerste minister aangewys. Burnham was voorheen die minister van Gesondheid tydens die ampstermyn van Gordon Brown.

Burnham staan bekend as iemand wat devolusie van mag ondersteun en wil graag sien dat die mag wat tans hoofsaaklik in Londen gesetel is na die onderskeie streke afgewentel word. Hy het byvoorbeeld al die uitlating gemaak dat hy ’n “Nr 10-noord”, ’n verwysing na die ampswoning en kantoor van die Britse eerste minister, in Manchester wil vestig.

Hy het hom ook al sterk uitgespreek oor behuisingsprogramme en wil graag sien dat haweloosheid in Engeland uitgeroei word.

Burnham word beskryf as minder sosialisties as van sy voorgangers, soos Jeremy Corbyn. Die term “sag links” (soft left) is al gebruik om sy beleidstandpunte te beskryf. Burnham skram egter nie weg van sosialistiese beleid nie. Tydens ’n verkiesingsveldtog in 2010 het Burnham die term “aspirational socialism” gebruik, wat volgens hom beteken die herverdeling van rykdom en mag; openbare beheer oor sleutelsektore soos behuising, energie en water; kollektiewe oplossings vir sosiale probleme; en die idee dat die staat ’n aktiewe rol speel om mense te ondersteun. Dit moet, volgens Burnham, egter gebeur sonder om persoonlike of gesinsaspirasies te ondermyn.

Burnham het ook ’n paar sleutelveranderings aan sy kabinet gemaak, soos om Ed Miliband as die minister van Buitelandse Sake en die voormalige minister van Gesondheid, Wes Streeting, as die minister van Verdediging aan te stel.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweekhttps://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-76-24-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Untitled design (22)

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Untitled design (21)

Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Untitled design (20)

Jagluiperds na Zambië verskuif

Internasionale Perspektief nuut

VSA stoot terug teen Chinese invloed op elke vasteland

Ander Nuus Artikels

Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou
Untitled design (27)
Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum
Untitled design (25)
Naboomspruit gaan DorpToe!
Untitled design (22)
Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie
Untitled design (21)
Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Luister nou