Luister nou

Woolworths: Ontploffings dalk werk van afpersers

Deur Pretoria FM Nuusspan

James Kemp

Die ontploffings by twee Woolworths-winkels die afgelope week was dalk die werk van afpersers. Die eerste ontploffing het verlede Donderdag plaasgevind toe ’n ploftoestel by die Woolworths in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria afgegaan het.

Die volgende dag het ’n toestel in die Woolworths in Prellerplein in Bloemfontein ontplof.

’n Saak ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe word ondersoek.

Willem Els, ’n konsultant in transnasionale bedreigings, die voorkoming van georganiseerde misdaad en misdaadvoorkoming sê alhoewel die ondersoek steeds plaasvind en daar nog min inligting beskikbaar is, is daar sekere afleidings wat gemaak kan word oor die ploftoestelle wat gebruik is.

Die eerste is dat die toestelle wat gebruik is, wel as aangepaste ploftoestelle (IED) gedefinieer kan word. Verder is dat dit ’n redelike klein toestel is wat gebruik is. Nog ’n afleiding is dat die toestel, te oordeel aan die skrapnel, ’n potensieel dodelike toestel is. Els sê dit is ook belangrik om te vermeld dat die toestel waarskynlik met ’n tydskakelaar gewerk het aangesien dit tussen 01:00 en 02:00 in die oggend afgegaan het.

Te oordeel aan die waarnemings reken Els dat die publiek nie deur die ontploffings geteiken is nie en dat dit eerder deel gevorm het van ’n afdreiging of afpersing.

Els verduidelik dat sommige sindikate ’n bedrag van ’n maatskappy eis en as hulle nie betaal nie hulle dan ’n bom daar plaas.

Els sê dit is vergelykbaar met inligting tydens hofverrigtinge in 2018 aan die lig gekom het na ’n reeks voorvalle in Durban, KwaZulu-Natal, waar ploftoestelle in Woolworths-winkels op plekke soos die Pavillion, Gateway en die Durbanse middestad geplaas is. Dié aanvalle het deel gevorm van ’n reeks breër aanvalle wat ’n dodelike aanval op die Imam Hussain-moskee in Verulam in Mei 2018 insluit.

’n Durbanse sakeman, Farhad Hoomer, het saam met ander beskuldigdes tereggestaan op klagtes van terreur, moord, poging tot moord, brandstigting en ontvoerings. Hoomer is ook daarvan beskuldig dat hy bande met die terreurorganisasie ISIS sou hê. Die saak is in Julie 2020 laat vaar omdat die staat nie genoeg bewyse gehad het om voort te gaan nie.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek- https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-69-05-11-Jun-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Pretoria-hooggeregshof

SA wil wapenuitvoere na die VSA staak

Fotokrediet: The Mail and Guardian

Vissers langs die Weskus sê nee vir opnames

Fotokrediet: Netwerk24

Binnelandse sake vra burgers se hulp

Griekwastad-moordenaar 2

Griekwastad-moordenaar se parool herroep

PhalaPhala

Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Noem sy naam: Hy is Henry Nowak
e-tol
E-tol-skuld sal afgeskryf word
Pretoria-hooggeregshof
SA wil wapenuitvoere na die VSA staak
Fotokrediet: The Mail and Guardian
Vissers langs die Weskus sê nee vir opnames
Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake vra burgers se hulp

Luister nou