28 November 2024
Die Solidariteit Beweging het ’n skikking bereik met die regering oor die Bela-dispuut.
Die skikking is by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeidsraad, oftewel Nedlac bereik.
Die partye tot die dispuut by Nedlac was Solidariteit, die Presidensie en die Minister van Basiese Onderwys.
Volgens die skikking gaan die omstrede artikels in die Bela-wet nie meer op 13 Desember geïmplementeer word nie.
Die skikking stel ook ondermeer dat die onmiddelike omgewing van die skool of sy voedingsone in ag geneem moet word wanneer die taal en toelatingsbeleid van die skool bepaal word.
Volgens Solidariteit se bestuurshoof. dr Dirk Hermann sal dit beteken dat Afrikaanse skole waarvan die kapasiteit vol is, nie ’n instruksie sal kry oor taal en toelating nie.
Hermann voeg by dat daar nog moontlike wetswysigings voorgestel gaan word deur Solidariteit.
Volgens die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys is die ooreenkoms die uitkoms van ’n verskeidenheid van prosesse.
Dit sluit in gesprekke met pres. Ramaphosa, onderhandelinge met politieke partye, insluitend die ANC, DA en VF Plus, die groot optog vanaf die Voortrekkermonument na Freedom Park, gesprekke met tradisionele leiers, ’n proses by PanSAT en die Nedlac-proses.