Luister nou

Kruger-ewebeeld kom in Orania aan

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Kruger-ewebeeld, wat op Erfenisdag vanaf die Voortrekkermonument na Orania vertrek het, het kort tevore sy regmatige plek op sy voetstuk ingeneem.

Dié beeld is die presiese replika van die standbeeld van die voormalige president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Paul Kruger, wat op Kerkplein staan.

“Oom Paul” het van Pretoria na plekke soos Rustenburg, Potchefstroom en Heilbron gereis – elk plekke wat ’n besondere betekenis vir die voormalige president van die Zuid-Afrikaansche Republiek ingehou het, en met die opvoering van NP van Wyk Louw se stuk Kruger breek die pad oop deur die Orania Kunsteraad gepaardgegaan het.

Die Kruger-ewebeeld sal voortaan op Orania se stadsplein staan. Die amptelike inhuldiging van die standbeeld vind op 10 Oktober plaas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou