Luister nou

Kruger-ewebeeld kom in Orania aan

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Kruger-ewebeeld, wat op Erfenisdag vanaf die Voortrekkermonument na Orania vertrek het, het kort tevore sy regmatige plek op sy voetstuk ingeneem.

Dié beeld is die presiese replika van die standbeeld van die voormalige president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Paul Kruger, wat op Kerkplein staan.

“Oom Paul” het van Pretoria na plekke soos Rustenburg, Potchefstroom en Heilbron gereis – elk plekke wat ’n besondere betekenis vir die voormalige president van die Zuid-Afrikaansche Republiek ingehou het, en met die opvoering van NP van Wyk Louw se stuk Kruger breek die pad oop deur die Orania Kunsteraad gepaardgegaan het.

Die Kruger-ewebeeld sal voortaan op Orania se stadsplein staan. Die amptelike inhuldiging van die standbeeld vind op 10 Oktober plaas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Luister nou