Luister nou

Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees

Deur Pretoria FM Nuusspan

Met die Paasseisoen om die draai, het die sjokolade maatskappy, Cadbury onlangs ‘n reuse Creme Egg bekend gestel.

Die sjokolademakers, Terry Collins en Dawn Jenks.

Die sjokolademakers meen dit is die grootste Creme Egg waarvan hulle bewus is.

Dié sjokolade eier is veral gewild tydens paasfees. Dit is ‘n melksjokolade eier, gevul met ‘n soet, wit room. Volgens Cadbury staan dié eier so hoog soos ‘n keiser pikkewyn, en weeg dit nagenoeg 45 kilogram.

Dit het die sjokolademakers, Terry Collins en Dawn Jenks, twee en ‘n half dae geneem om die eier te maak. en gaan glo nie geëet mag word nie, hoewel dit 100% eetbaar is.

Die enigste deel wat nie eg is nie, is die foelie omhulsel wat geverf is – sekerlik omdat daar nié so ‘n groot stuk foelie beskikbaar was nie.

Die eier is tot 27 April te sien by Cadbury World in Birmingham, Engeland.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog