Luister nou

Afrikaanse onderwys by ’n draaipunt

Deur Redaksie

Redaksie

(Fotokrediet: Reint Dykema)

Die Solidariteit Toekomsberaad het vanjaar ’n sterk fokus op onderwys gehad met die tema “’n volhoubare Afrikaanse onderwysbedeling”.

Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het tydens die beraad gesê dat Afrikaanse onderwys tans by ’n draaipunt is.

“In die verlede het Afrikaanse onderwys voor sekere uitdagings gekom en daardie uitdagings is meestal deur die staat afgedwing. En nou ook met die BELA-wet (Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys) kom ons by ’n moment, ’n draaimoment, in die geskiedenis waarvoor ons ’n nuwe visie moet hê. Daar moet nuwe planne kom om van hier af vorentoe te gaan.”

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê onderwys is die siel van ’n gemeenskap en dat onderwysers, wat sentraal daarin staan, beskerm moet word. Hermann het ook gesê dat die stryd teen die implementering van die BELA-wet nog nie naastenby verby is nie.

“Wat ons wel reggekry het, was om sekere riglyne te beding en daardie riglyne gee basiese beskerming vir Afrikaanse skole. Maar dit is nog net riglyne. Daar word nog gekyk na norme en standaarde, daar word nog gekyk na regulasies. Dit alles moet nog gepubliseer word.”

Hermann sê dat litigasie teen die BELA-wet ook nie uitgesluit is nie.

Fourie sê hy hoop dat vanjaar se beraad sal lei tot die besef dat daar groter verantwoordelikheid geneem moet word, dat daar groter sinergie moet wees tussen openbare en onafhanklike skole en ’n gesamentlike visie om die toekoms aan te pak.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweekhttps://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/NUUSWEEK-Uitgawe-72-26-Jun-02-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (2)

D-dag vir onwettige immigrante

Mmamoloko Kubayi

30 Junie ’n gewone dag, sê minister

Fotokrediet: Bhekisisa Centre for Health Journalism

Buitelanders se getalle in tronke wek kommer

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa vra samewerking te midde van ’n toenemende stryd

Spaarvarkie

Meningsopname: SA’ners beplan te laat vir aftrede

Ander Nuus Artikels

Untitled design (5)
Burnham die voor-Keir-kandidaat
Untitled design (4)
Koos Malan: ANC is gewaarsku oor onwettige immigrante
Untitled design (2)
D-dag vir onwettige immigrante
Mmamoloko Kubayi
30 Junie ’n gewone dag, sê minister
Fotokrediet: Bhekisisa Centre for Health Journalism
Buitelanders se getalle in tronke wek kommer

Luister nou