Luister nou

70-jarige man se liggaam op plaas gevind

Deur Pretoria FM Nuusspan

7 Junie 2023

Die polisie het bevestig dat nóg ‘n liggaam op ‘n plaas – dié keer naby Standerton in Mpumalanga – gevind is.

Die 70-jarige Joseph Payne se liggaam is met skietwonde in sy huis aangetref.

Sy hande was met ‘n kabel vasgebind en ‘n selfoon, beursie, drie rekenaars, vuurwapens en ammunisie – wat vermoedelik aan Payne behoort het – is op die toneel gevind.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli sê dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes op die toneel was nie en dat ‘n voorlopige ondersoek daarop dui dat die aanvallers moontlik deur die motorhuis toegang tot die huis kon kry.

Dit is die soveelste plaasaanvaal in die afgelope 10 dae.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou