Luister nou

3 000 kruise in September voor Withuis opgerig

Deur Redaksie

Redaksie

Op 26 September sal 3 000 wit kruise voor die Withuis in Washington, D.C. opgerig word. Dié projek van Lex Libertas en die New York Young Republican Club (NYYRC) word aangepak ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika. Volgens ’n mediaverklaring oor die projek is die doel “om internasionale steun te werf vir praktiese oplossings met betrekking tot die plaasmoordkrisis, politieke aanhitsing, rasgebaseerde diskriminasie en die bedreiging van minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika”.

Dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, sê die bevestiging van die datum en plek is ’n belangrike mylpaal vir die veldtog.

“Hierdie projek sal die werklikheid van plaasmoorde op een van die sigbaarste plekke in die wêreld uitbeeld. Elke kruis sal die naam en verhaal verteenwoordig van ’n persoon wie se lewe deur hierdie krisis geëis is. Ons wil verseker dat hierdie slagoffers nie vergeet word nie en dat die internasionale gemeenskap nie langer kan voorgee dat hierdie probleem nie bestaan nie.”

Lex Libertas en die NYYRC sê hulle ontvang reeds steun van meningsvormers, instellings en gemeenskapsleiers in verskeie lande en doen ook ’n beroep op die publiek om die petisie wat met die veldtog gepaardgaan, te onderteken en die projek ook finansieel te ondersteun.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-73-03-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (7)

DA eis NVG moet verduidelik oor Matlala-ooreenkoms

Untitled design (6)

Dié SAID-vorm is verpligtend, maar werk nie

Internasionale Perspektief nuut

VSA kan steeds die land van vryheid én tuiste van die dapperes wees

Koos Malan

VSA se buitelandse beleid terug op koers

DevHoof

Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Ander Nuus Artikels

Untitled design (10)
TLU SA: Daar lê ’n reusetaak voor
Untitled design (9)
R1,1 miljoen se konsultasiegeld vir bergingsfasiliteit wat nie staan nie
Untitled design (7)
DA eis NVG moet verduidelik oor Matlala-ooreenkoms
Untitled design (6)
Dié SAID-vorm is verpligtend, maar werk nie
Internasionale Perspektief nuut
VSA kan steeds die land van vryheid én tuiste van die dapperes wees

Luister nou