Luister nou

Afrikanerorganisasies onderteken ‘n verklaring om hulle plek in die land te eis

Deur Pretoria FM Nuusspan

22 April 2024

Verteenwoordigers van verskeie Afrikanerorganisasies het vanoggend `n Afrikanerverklaring by die Voortrekkermonument onderteken.

Die verklaring.

Die fasiliteerder van die inisiatief, Theuns Eloff sê die organisasies het besluit om die verklaring saam te stel en te onderteken weens “die versnelde verval van die land.”

Hy sê hoewel die ondertekenaars nie voorgee om namens alle Afrikaners te praat nie, doen hulle dit minstens ten behoewe van die nagenoeg twee miljoen mense wat deur hierdie organisasies verteenwoordig word.

Verteenwoordigers van die, Vryheidstigting, Afrikanerbond, die Solidariteit Beweging, Akademia, SAAI, die FAK, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, AfriForum, die Voortrekkermonument, Maroela Media, die Afrikaner Afrika Inisiatief en Neasa het die verklaring onderteken. Ook die genoot by Sakeliga, prof Koos Malan, Eloff en die wynboer en sakeman, Schalk burger het ook hulle name tot die verklaring gevoeg.

Eloff het tydens vanoggend se ondertekening gesê hulle hoop dat mense die goeie gesindheid van Afrikaners sal raaksien, en hoop dat ander Afrikaner-organisasies, leiers en individue ook die verklaring sal ondertek.

Hy sê die netwek wil ook die regering oortuig van die noodsaak om ’n kultuurverdrag met Afrikaners te sluit, ter wille van stabiliteit en tot voordeel van die land en al sy mense.

Theuns Eloff en Flip Buys.

Die verklaring wat vanoggend onderteken is fokus op 12 kernpunte:
1. Afrikaners is ’n inheemse kultuurgemeenskap verbind aan Afrika.
2. Ons wil hier bly en tot die welstand van die land en al sy mense bydra.
3. Samewerking is in die belang van almal se vryheid, veiligheid en voorspoed.
4. Ons bou om in Suid-Afrika te bly.
5. Kulturele vryheid is ’n voorwaarde vir demokratiese vryheid.
6. Ons onderskryf die gelykwaardigheid van alle gemeenskappe.
7. Die verlede moenie ons almal se toekoms vernietig nie.
8. Die Grondwet erken die strewe na grondgebied.
9. Ons onderskryf eenheid in verskeidenheid.
10. Dit is vir ons nodig om inspraak by die owerheid te kry.
11. Ons wil bydra tot die ekonomiese bemagtiging van alle Suid-Afrikaners.
12. Ons wil ’n kultuurverdrag met die regering sluit om hierdie sake vas te maak.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys het tydens die ondertekening gesê dat Afrikaners in Suid-Afrika wil bly, maar dat hulle nie gaan stilbly nie. Na afloop van die verrigtinge is ‘n video gespeel waarin jongmense verduidelik waarom hulle in die land wil bly.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou