Luister nou

Moskou dalk net begin van nuwe vlaag terreur

Deur Pretoria FM Nuusspan

Jaco Kleynhans

Vrydagaand se terreuraanval in Moskou, Rusland, het opnuut ’n paar ongemaklike feite bevestig – sommige waarvan Rusland maar ook die Weste die afgelope tyd weggekyk het. Die leemtes in Rusland se binnelandse veiligheidstrukture te midde van ’n oorlog in Oekraïne is blootgelê. Daarmee saam ook die wantroue tussen Rusland en die Weste nadat die Russe oënskynlik intelligensie-inligting wat Amerika aan hulle beskikbaar gestel het, nie ernstig opgeneem het nie.

Die belangrikste feit wat egter deur dié aanval, die ergste terreuraanval in Rusland in twee dekades, bevestig is, is dat Islamitiese terreurgroepe steeds oor die vermoë beskik om goed beplande, gefokusde aanvalle uit te voer wat tot wesenlike lewensverlies lei. Die persepsie in baie Westerse samelewings, maar ook in Rusland, dat die bedreiging wat Islamitiese terreurgroepe inhou, wesenlik minder is ná die militêre nederlaag wat groepe soos die Islamitiese Staat in Sirië gelei het, is nie korrek nie.

Die afgelope paar jaar het teenterreuroperasies in talle Westerse lande, maar ook in Rusland en Afrikalande waar terreurbedreigings nog altyd teenwoordig was, verskeie potensiële terreuraanvalle voorkom. Terwyl teenterreuroperasies die afgelope paar jaar heelwat verbeter het, het die Amerikaanse intelligensiedienste en die Amerikaanse weermag ook hul vermoë verbeter om in lande soos Sirië, Irak en Afganistan intelligensie oor die werksaamhede van terreurgroepe te versamel.

Die werklikheid is egter dat hoewel die Amerikaans-geleide poging in Sirië teen die Islamitiese Staat in 2019 suksesvol was, terreurgroepe sedertdien hulle strategie verander het. Verskeie kleiner filiale van die Islamitiese Staat, Al-Kaïda en ander terreurgroepe is besig om in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Sentraal-Asië te organiseer.

’n Onlangse veiligheidsoperasie deur die Amerikaanse weermag by die Al-Hol-vlugtelingkamp in die noordooste van Sirië waar 44 000 vlugtelinge gehuisves word, het ’n hele netwerk van Islamitiese Staat-militante wat in die vlugtelingkamp werksaam is en jong mans in die terreurnetwerk oplei, ontbloot. Daar is ook op heelwat wapens beslag gelê.

Lande soos Sirië, Afganistan en lande in die Sahel-streek van Afrika wat almal oor jare deur oorloë, staatsgrepe en ander mislukte regerings gedestabiliseer is, is ’n perfekte teelaarde vir terreur. Terreurgroepe fokus veral op vlugtelingkampe om desperate jong mense te kry wat by hulle netwerke sal inskakel.

Die groep wat die naweek se aanval in Moskou uitgevoer het, is ’n filiaal van die Islamitiese Staat, bekend as IS-Khorasan. Dié groep was in Augustus 2021 verantwoordelik vir die ontploffing by die lughawe van Kaboel in Afganistan waarin 13 Amerikaanse soldate dood is. Sedertdien het hulle met groot sukses aanvalle op teikens in Afganistan, Pakistan, Tadjikistan, Oesbekistan, Iran en nou ook Rusland uitgevoer. Die naweek se aanvallers was uit Tadjikistan afkomstig en was duidelik goed opgeleide militante.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou