Die sperdatum vir die oorskakeling na die nuwe swart Posbank-kaarte is na 30 April uitgestel.
Sowat 800 000 SASSA afhanklikes het nog nie die oorskakeling voltooi nie.
Die oorspronklike sperdatum was eers 28 Februarie, wat toe uitgestel is na 20 Maart.
Die minister in die presidensie Khumbudzo Ntshavheni sê afhanklikes kan enige Poskantoor, plaaslike handelaar of Sassa-kantoor besoek om hulle nuwe Posbank kaarte te kry.
Die posbank het reeds 1,4-miljoen nuwe kaarte uitgereik.