Luister nou

Boekeblad met Graffiti

Deur Walter Ernst

Topverkopers:

10 Historiese almanak – Albe Grobbelaar

9 Bloedbande – Eleanor Baker

8 Die oorkant – Annemarie van Niekerk

7 Aanstap boere – Max du Preez

6 Aandstories vir kleuters – Pieter W. Grobbelaar

5 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp

4 ’n Knippie moord – Elsa Winckler

3 Afrikanerman – Mart–Marie Uys

2 Enigma – Rudie van Rensburg

1 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

 

Jorsie die worsie 3: Krisis by die katbasaar – Heléne Booyens. R180, LAPA

Bestel hier.

Wanneer ’n skelm katjie Jorsie se kombers steel, begin ’n lawwe avontuur wat hom na die kattebasaar lei – ’n wêreld vol kattekwaad en komedie!

Met sy speurhond, Snuffels, en groot hart leer Jorsie dat selfs die stoutste kat dalk net ’n bietjie omgee nodig het.

Jorsie die worsie 4: Die rampspoedige reënstorm – Heléne Booyens. R180, LAPA

Bestel hier.

Wanneer ’n storm die dorp tref, probeer Jorsie elke dier help – van bang windhonde tot ’n poedel wat in ’n boom beland!

Dis ’n warrelwind van weerlig, reën en redding waarin ons polisieworsie wys wat ware dapperheid beteken.

Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek – Mart-Marié Uys. R365

Bestel hier.

Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek is die eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud in postapartheid-Suid-Afrika.

Gebaseer op 300 vraelyste wat elk 88 vrae bevat het, en 300 stemopnames wat oor al nege provinsies deur Markdata — ’n SAMRA-geakkrediteerde navorsingsmaatskappy — versamel is, bied hierdie boek empiriese bewys van wat Afrikanermans werklik dink, voel en met hulle saamdra.

Hierdie boek is nie ’n treurmare nie. Dit is ook nie ’n poging om ’n spesifieke groep weer op ’n troon te plaas of bo ander te stel nie. Dit is nie ’n morele kruistog, ’n klagskrif of ’n verskoning nie. Dit is ’n produk van navorsing. Dit is gebaseer op data wat met sorg versamel is. Die inligting is versigtig verwerk en ondersteun deur bestaande teorieë wat wêreldwyd in die sielkunde erken word.

Die mense wat aan die navorsing deelgeneem het, het eerlik geantwoord — nie op grond van hul politieke oortuigings of uit verwarring nie. Hulle het geantwoord omdat iemand geluister het. Omdat hulle gevra is om te praat sonder oordeel of ’n poging om hulle te verander. Net om verstaan te word.

Grensloos – Wilna Adriaanse. R350, Tafelberg

Bestel hier.

Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.
Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, ’n eks-Interpolagent wat deesdae ’n top-onderhandelaar is vir ’n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat.

Nou bevind Sabine haar in ’n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is ’n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?
Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie ’n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.
Grensloos is ’n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10%-afslag.

 

KOMPETISIE!

Wen al drie hierdie boeke ter waarde van R1075!

Antwoord die volgende vraag om in aanmerking te kom:

Wie is die skrywer van Grensloos?

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997. Inskrywings sluit Maandag 29 Junie 2026.

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

 

Verlede week se wenner is Jana du Plooy van Germiston. Baie geluk!

Gewilde Nuus

Untitled design (5)

Burnham die voor-Keir-kandidaat

Untitled design (4)

Koos Malan: ANC is gewaarsku oor onwettige immigrante

Untitled design (2)

D-dag vir onwettige immigrante

Mmamoloko Kubayi

30 Junie ’n gewone dag, sê minister

Fotokrediet: Bhekisisa Centre for Health Journalism

Buitelanders se getalle in tronke wek kommer

Ander Nuus Artikels

Lucia en Danie Langner
Nuwe voorsitter vir Voortrekkermonument
Dirk Hermann
Afrikaanse onderwys by ’n draaipunt
Untitled design (5)
Burnham die voor-Keir-kandidaat
Untitled design (4)
Koos Malan: ANC is gewaarsku oor onwettige immigrante
Untitled design (2)
D-dag vir onwettige immigrante

Luister nou