Topverkopers vir Augustus 2026
10 ’n Ierse Knoop – Elsa Winckler
9 Enigma – Rudie van Rensburg
8 My hart klop so – Rachelle Fourie
7 Bethulie – Rensche van der Walt
6 Van man tot man – Olive Schreiner
5 Blinde kol – Martin Steyn
4 Grensloos – Wilna Adriaanse
3 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
2 Jagspinnekop – Erla Diedericks
1 Op lig – Thilde Nel
Uitvou en Speel Pophuis – Ingela P. Arrhenius & Bouncy Ball. R450, Bouncy Ball

Illustreerder: Ingela P. Arrhenius
https://graffitibooks.co.za/products/9781776195435
’n Uitvouboek met karakters, 3D-meubels en plakkers!
Bêre die uitdrukstukke in die stewige laaitjie en speel net waar jy wil. Skandeer die kode vir ’n maklik-om-te-volg instruksieblad met monteringsvideo’s wat jou sal help om die meubels te bou.
Omskep hierdie wonderlike uitvouboek in ’n pragtige 3D-pophuis met karakters wat regop kan staan, asook meubels en kleurvolle plakkers waarmee jy elke kamer kan versier. Daar is uitdrukkarakters, meubelstukke om te bou en plakkers om die huis jou eie te maak.
Versier die kombuis, badkamer, sitkamer en slaapkamer presies soos jy daarvan hou! Omskep die boek in jou eie persoonlike pophuis en geniet ure se kreatiewe speelpret.
My gunsteling gebedsjoernaal – LUCA. R150, LUCA

https://graffitibooks.co.za/products/9781779881762
My gunsteling gebedsjoernaal is ’n pragtige metgesel vir jou stiltetyd, met nuttige notas oor gebed gebaseer op die Woord. Hierdie joernaal moedig nadenke oor dankbaarheid, voorbidding, gebedsversoeke en Bybelverse aan om die leser tot ’n dieper verhouding met die Here te lei.
Met elegante blomontwerpe, ’n SOS-Skrifgids, ’n lys van gebede uit die Bybel en plek om beantwoorde gebede aan te teken, sal hierdie kreatiewe joernaal gelowiges inspireer en motiveer in hul daaglikse gesprekke met God.
Beleef hernude hoop, vrede en doelgerigtheid terwyl jy jou gebedslewe verkwik en die herstellende krag van gebed ervaar.
Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir jouself of ’n geliefde.
“Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” – Jeremia 29:12-13
Blinde kol – Martin Steyn. R360, LAPA

https://graffitibooks.co.za/products/9781779860583
Ek wil met Karla praat of ek skiet almal dood.
Dis wat die jong man sê nadat hy sy pad by ’n dameskoshuis ingeskiet het. Minstens twee meisies lê dood voor die ingang. Niemand weet hoeveel daar nog aan die binnekant is nie. Maar die polisie weet hy het gyselaars.
Hoekom het hy juis vir AO Karla Blanckenberg (Losprys) gevra? Nie sy of die ander lede van haar gyselaar-onderhandeling span herken hom nie.
Intussen arriveer AO Colin Menck (Donker Spoor, Skuldig) ook op die toneel. Met ’n dogter wat self ’n student is, voel die situasie heeltemal te persoonlik.
Terwyl Blanckenberg die jong man se binnewêreld probeer ontsluit, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir die betrokkenes.
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.
KOMPETISIE
Beantwoord die volgende vraag:
Wie het Blinde kol geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997
Inskrywings sluit Maandag 07/09/2026
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenner 28-08-2026
Allen Grove, Kempton Park
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-82-04-Sept-2026.pdf