Zuma wil nié virtueel verhoor word nie

Deur on

19 Julie 2021

Oud-president Jacob Zuma se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu, sê Zuma se regte om in ‘n ope hof te verskyn, word deur die hof ontneem.

Zuma het ‘n aansoek gebring om sy korrupsieverhoor met sewe dae uit te stel, en eis onder meer dat die saak nie virtueel aangehoor word nie.

Mpofu sê Zuma wil graag mondelinge getuienis lewer, en hy voer aan dat vandag se verrigtinge deel vorm van die strafregtelike verhoor teen die oud-president.

Volgens Mpofu het Zuma ’n baie negatiewe ervaring gehad in die laaste 20 dae ten opsigte van sy reg tot ’n regverdige verhoor en het weer verwys na die oud-president se argument dat hy sonder ’n behoorlike verhoor tronk toe gestuur is.

Regter Piet Koen sê egter die inperkingsregulasies laat toe dat seker hofverrigtinge wel virtueel kan plaasvind.

Zuma het ‘n spesiale pleitrede gelewer, dat die korrupsiesaak onttrek moet word, omdat die Nasionale Vervolgings Gesag se aanklaer, advokaat Billy Downer volgens hom nie onafhanklik is nie, en bevooroordeeld is teenoor hom.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist