Zuma nader nog ‘n hof oor privaat vervolging van Ramaphosa

Deur on

4 Desember 2023

Oud-president Jacob Zuma het die hooggeregshof in Johannesburg meegedeel dat hy beoog om die hoogste hof van appèl te nader as sy volgende stap in ‘n poging om president Cyril Ramaphosa privaat te laat vervolg.

Zuma het vanoggend die hof meegedeel dat hy dié appèlpoging wil konsolideer met nóg een – wat daarop gemik is om die ongeldigverklaring van sy private vervolging van die staatsaanklaer, Billy Downer, en die joernalis, Karyn Maughan – om te keer.

In Julie vanjaar het die hooggeregshof in Johannesburg die private vervolging – wat Desember verlede jaar ingestel is – hersien en tersyde gestel.

Die aangeleentheid hou verband met Zuma se bewering dat Ramaphosa in wese versuim het om te reageer op ‘n klag teen Downer.

Die saak is tot die 11e April 2024 uitgestel.


Current track

Title

Artist