Zuma kán die tronk vir sy broer se begrafnis verlaat; indien hy aansoek doen

Deur on

20 Julie 2021

Oud-president Jacob Zuma sal binnekort die Estcourt tronk kán verlaat, om sy broer Michael Zuma se begrafnis te kan bywoon.

Zuma dien tans ‘n vonnis van 15 maande gevangenisstraf uit nadat hy skuldig bevind is op ‘n klag van minagting van die hof.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste sê Zuma sal sy broer se begrafnis kan bywoon, maar hy moet eers aansoek doen om dit by te woon.

Hy het dit nog nie gedoen nie.

LEES OOK: ZUMA WIL NIÉ VIRTUEEL VERHOOR WORD NIE

Michael Zuma sal Donderdag begrawe word, na hy Sondag oorlede is.

Intussen sal regter Piet Koen vandag uitspraak lewer in Zuma se aansoek dat sy korrupsieverhoor uitgestel moet word.

Die oud-president se regspan het gister aangevoer dat die saak uitgestel moet word, sodat Zuma in ‘n ope hof verhoor kan word, en dat die verrigtinge nie virtueel moet voortgaan nie.

Zuma se pleitrede dat die Nasionale Vervolgingsgesag se aanklaer Billy Downer van die saak verwyder moet word, is egter nog nie deel van die strafregtelike saak nie, en kan volgens die NVG virtueel aangehoor word.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist