Zuma dien aansoek in om tronk môre vir begrafnis te verlaat

Deur on

21 Julie 2021

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat oud-president Jacob Zuma ‘n versoek ingedien het om môre sy broer se begrafnis op Nkandla by te woon.

Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo het bevestig dat hulle die versoek laat gistermiddag ontvang het en dat daar tans oorweging aan die versoek geskenk word.

LEES OOK: ZUMA KÁN DIE TRONK VIR SY BROER SE BEGRAFNIS VERLAAT; INDIEN HY AANSOEK DOEN

Nxumalo sê daar is verskeie faktore om in ag te neem onder andere die duur van sy gevangenisstraf en ook of hy as ‘n lae-, medium- of hoë-risiko gevangene geklassifiseer word.

‘n Veiligheidsplan moet ook saamgestel en goedgekeur word.

Zuma se jonger broer, Michael is na ‘n lang siekbed oorlede – enkele dae nadat die voormalige staatshoof begin het met die uitdien van 15-maande gevangenisstraf vir minagting van die Grondwethof.

LEES OOK: ZUMA WIL NIÉ VIRTUEEL VERHOOR WORD NIE

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist