Zuma deernisverlof toegestaan

Deur on

22 Julie 2021

Die departement van korrektiewe dienste het goedkeuring gegee dat oud-president Jacob Zuma wel sy broer Michael se begrafnis vandag in Nkandla kan bywoon.

Hy is op 11 Julie dood na ‘n lang siekbed. 

Zuma dien tans ‘n 15 maande vonnis in die Estcourt gevangenis uit, na hy skuldig bevind is aan minagting van die hof.

Volgens die departement van korrektiewe dienste is hy deernisverlof toegestaan. Die woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo sê ’n gevangene wat toestemming kry om ’n gevangenis te verlaat is steeds ’n gevonniste oortreder terwyl hy tydelik buite die tronk is.

COPE het ‘n beroep op die departement van korrektiewe dienste gedoen om seker te maak dat Zuma se ondersteuners nie weier om hom weer aan personeel van die gevangenis te oorhandig nie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist