Zondo-kommissie vra dat Jacob Zuma tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis word

Deur on

22 Februarie 2021

Die voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, adjunk-hoofregter Raymond Zondo het ‘n aansoek by die Grondwet Hof ingedien waarin hy vra dat oud-president Jacob Zuma tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis word weens minagting van die hof.  

Die sekretaris van die Zondo-kommissie het die aansoek ingedien en die respondente is Zuma, die minister van polisie, Bheki Cele en die Polisiediens.  

Zondo vra dat die minister en die polisie die nodige stappe moet doen om Zuma in hegtenis te neem.

Dit kom nadat Zuma nie verlede week by die kommissie opgedaag het om te getuig nie, ondanks ‘n beslissing van die Grondwethof wat hom dwing om wel te verskyn.

Zondo vra ook dat die gewone regulasies ter syde gestel word en dat die aansoek op ‘n dringende basis aangehoor word. 


Lees verder

Current track

Title

Artist