Zondo-kommissie met drie maande verleng

Deur on

23 Februarie 2021

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se aansoek vir nóg tyd, om sy ondersoek af te handel, toegestaan. 

Die kommissie kry nou ‘n bykomende drie maande nadat hy in sy hofaansoek aangevoer het dat sy werkstydperk met drie maande vertraag is weens die Covid-19-pandemie. 

Volgens die voorsitter van die kommissie, adjunk-hoofregter Raymond Zondo het die kommissie reeds begin om van die getuienis wat gelewer is op te som.

Hy sê daar is egter nog getuienisse in verband met Eskom, Transnet en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat aangehoor moet word.

Die kommissie se bedrywighede moet nou teen 30 Junie vanjaar afgehandel wees. 


Lees verder

Current track

Title

Artist