Zizi Kodwa bedank ook uit ANC topstrukture

Deur on

6 Junie 2024

Die voormalige minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, het as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en die nasionale werkkomitee (NWK) bedank.

Hy het ‘n brief aan die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gestuur om te voldoen aan die party se reël om opsy te staan indien ‘n lid van ernstige misdade aangekla word.

Hy word van korrupsie wat met staatskaping verband hou, aangekla.

Kodwa het gister as minister van sport, kuns en kultuur bedank nadat hy in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op borgtog van R30 000 rand vrygelaat is.

Hy het het glo omkoopgeld van R1,7-miljoen by die tegnologiemaatskappy, EOH ontvang.

Foto: Bloomberg


Current track

Title

Artist