15 Februarie 2024
Die aktiviste teen onder meer plaasmoorde en plaasaanvalle – die direkteur van die Bittereinders-beweging, Devon Hofmeyr en die Facebook-aktiviste, Tewie Wessels en Willem Petzer – verskyn vandag weer in die landdroshof in Groblersdal in Limpopo.
Hulle sal moontlik vandag uitsluitsel oor hulle borgtogaansoek hê.
Dít terwyl die borgtogaansoek van ’n ander direkteur van die Bittereinders-beweging, Francois van der Merwe, na verwagting ook vandag in dieselfde hof hervat word.
Die sake hou verband met hulle optrede tydens ’n betoging op 24 Januarie oor die sogenaamde Groblersdal-2, nadat ’n onderonsie tussen hulle en die polisielede buite die hof ontstaan het.
Van der Merwe is op daardie dag in hegtenis geneem, terwyl Wessels en Petzer die afgelope naweek gevra is om hulleself aan die polisie oor te gee.