fbpx

Wie is die beste Afrikaanse kommentator?

Deur on Aug 5, 2020

Nuuskommentaar: 4 Augustus

Deur: Herman Toerien

Dit is stellig ’n onbegonne saak om te beoordeel wie die beste Afrikaanse kommentator is. Sou daar ’n ranglys wees, wie sou die plasings op daardie ranglys bepaal? Is slegs beoordeleraas uit die linkerkant van die politieke spektrum geregtig om te beoordeel, soos die indruk dikwels geskep word. Dié geneigdheid spruit moontlik uit ’n Amerikaanse verskynsel, naamlik dat die gemiddelde Amerikaanse joernalis geneig is om meer liberaal of links te wees as die gemiddelde lid van die Amerikaanse burgery.

Die sogenaamde norm-midelpunt soos deur die media geskep en bekend gestel, is nie noodwendig dieselfde as dit wat die verkiesingsuitslag oplewer nie.

Hoewel nie korrek nie, word in hierdie nuuskommentator ter wille van ruimte die begrip “kommentator” as dieselfde verstaan as ’n politieke kommentator, analis of ontleder.  So ’n analis wat nie ook ’n meningsvormr is nie, is geen analis nie. Die bekende Amerikaanse ontleder, Michelle Malkin, wat aan die konserwatiewe kant beskou word, het in reaksie op die selfdood van ’n ander ontleder, prof. Mike Adams, wat sy bewonder het, ’n goeie ontleder beskryf as iemand wat onapologetiese konserwatief wat vrugbaar die pen teen die magte van politieke korrektheid en suiwer boosheid ingespan het. Hy het oorgeloop met ’n passie ter wille van die ongeborene. Sy geleerde pen is vir twee dekades mildelik ingespan teen radikale feministe, kampus-liberale, rassedemagoge, plaaslk-geskepte terroriste en tiranne.

Die belangrikste, seker, is dat sy Adams beskryf as ‘n oortuigde Christen wat die Woord laat vergestalt het. Nog ‘n bekende Amerikaanse ontleder, Patric J Buchanan, het by geleentheid gesrkyf hy lees elke dag ongeveer 17 rubrieke van ander kommentators. So bly hy op die hoogte van dit wat die openbare diskoers bepaal.

Hoeveel Suid-Afrikaanse kommentators hou by die beginsel van politiek onverbonde, maar vakkundig suiwer wees? Hoeveel doen die moeite om benewens op hoogte van die huidige te wees, ook die gereedskap van die verlede te raadleeg om te verseker dat dit wat nie op die ashoop hoort nie, steeds soos pyle in die koker beskikbaar is?

Maar wie is die beste? Veel kan afgelei word uit die keuse van ontleders wat deur buitelandse regerings, op die koste van daardie regerings, op feitesendings genooi word. So ‘n lysie dui egter net aan wat daardie land se dunk van die peroon is. Sy objektiwiteit word eers getoets wanneer hy terugkeer. Die een ontleder sal in ’n slaafse lojaliteit tenoor die land verval wat hom of haar genooi het. Die ander sal hom of haar nie so laat beïnvloed nie.

In die wete dat enige lys wat hierdie skrywer voorstel omstrede en allermins volledig gaan wees, word dit bloot gestel dat de Afrikaanse gemeenskap bevoorreg is om ontleders te hê van die formaat soos prof. Erwin Schwella, dr. Leopold Scholtz wat ook die doyen van Afrikaanse kommentators is, Willie Spies, Alida Kok, Jan-Jan Joubert,  Flip Buys en prof. André Duvenhage (al het ‘n klompie ander van wie minstens sommiges links neig hom onlangs probeer uithaal). Prof Theo Neethling se nootvastheid word uitsonderlik goed deur deeglike feitelikheid begelei. Dr. Oscar van Heerden se reputasie het ernstig skade gelei met sy boek waarin hy die ANC as die enigste geskikte regerende party voorhou, oa weens wat hy beskryf, die enigste nie-rassige party. Dr. Christo van Rheede se jongste artikels is uitstekend.  

Maar wie weet, dalk is die bestes se name nie eens daar nie omdat hulle nie die blootstelling geniet wat hulle objektief verdien nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist