Wetsontwerp oor aborsie in Louisiana teruggetrek

Deur on

13 Mei 2022

‘n Wetsontwerp in die wetgewer van die Amerikaanse deelstaat, Louisiana, wat die afgelope maand gelei het tot verskeie betogings en grootskaalse debat is teruggetrek.

Die wetsontwerp het ten doel gehad om vroue en dokters van moord aan te kla indien hulle ‘n aborsie bekom of verskaf het. Indien die wetgewing geslaag het sou aborsies in Louisiana onwettig gewees het en dus ongebore kinders se regte beskerm vanaf die oomblik van bevrugting.

Persone sou dus aan moord skuldig bevind word indien hulle ‘n aborsie gekry het.

Aborsies het in 1973 in Amerika wettig geword.


Current track

Title

Artist