Werner de Jager hoor vandag oor sy klag

Deur on

26 Januarie 2024

Die moordbeskuldigde, Werner de Jager, se lot word vandag in die Amanzimtoti-landdroshof bepaal.

De Jager vind vandag uit of hy van ’n bylae 6-misdryf of ’n bylae 5-misdryf aangekla sal word.

De Jager staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagde rade – wat ’n bylae 6-misdryf is – weens die moord op sy vrou, dominee Liezel de Jager in 2021.

Hy hou egter vol dat hy haar nie vermoor het nie.

Die staat voer egter aan dat dit nie die geval is nie, weens die lewenspolisse wat hy na bewering in Liezel se naam uitgeneem het, terwyl hy die enigste begunstigde van dié polisse is. Voordat die skedule nie bekend word nie, kan sy borgtogaansoek nie voortgaan nie.


Current track

Title

Artist