Werksgeleenthede
Ons is op soek na ‘n deeltydse Ritmiese Gimnastiek Afrigter om by ons vinnig groeiende klasse in Kuils Rivier & Stellenbosch aan te sluit. Vereistes: -GL-kwalifikasie of hoër -Vermoë om met kinders vanaf ouderdomme 3 jaar en ouer te werk -Moet eie vervoer hê -Sal vereis word om by ons Kuils Rivier- en Stellenbosch-takke af te rig -Enige gimnastiek-ervaring as afrigter, gimnas of beoordelaar sal ‘n voordeel wees -Vergoeding in lyn met ondervinding en kwalifikasie -Polisieklaring sal vereis word Aanvangsdatum Januarie 2024, indien jy aan die vereistes voldoen stuur jou CV na simone@fynbosgymnastics.co.za |
Geoktrooieerde rekenmeestersfirma in Pretoria Oos is opsoek na
Junior Boekhouer – Basiese boekhouding tot op proefbalans vlak Die posisie is ‘n voldag pos en salaris is tussen R9 000 en R11 000. Belangstellendes kan CV na admin@sparrowsaccounting.co.za stuur |
WERK VANAF JOU TUISKANTOOR Besit jy ‘n rekenaar met woordverwerking en internet en is jy goed taalvaardig? Verdien geld terwyl jy leer hoe om klankbane te transkribeer. Ons bied opleiding vir die transkribering van hofsake, ondervragings, dissiplinêre verhore en vele ander klank opnames. Vir meer besonderhede, kontak: info.stat18@gmail.com |
Ons is op soek na n blokman met minimum 5 jaar ondervinding wat in die Kempton park area kan werk. Sober gewoontes en verkieslik ‘n nie-roker. Stuur CV na admin@noags.co.za. |
CUM Boeke brei hul span uit en is opsoek na ’n winkel bestuurder vir hul Menlyn tak asook assistent winkel bestuurders en toesighouers oor die hele Pretoria streek. Om aansoek te doen vir een van hierdie poste, stuur jou CV na cv@cumbooks.co.za Slegs suksesvolle kandidate sal gekontak word. CUM Boeke behou die reg om nie die poste te vul nie. |
HARNTECH is opsoek na jong mense wat die werksplek wil betree as produksie toesighouers. Geen werks ondervinding word benodig nie.Ons is ook opsoek na administrasie klerke van enige ouderdom met basiese rekenaar vaardigheid. Longlake, Modderfontein Area |