Werkloosheidskoers styg tot 32,9%

Deur on

14 Mei 2024

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die eerste kwartaal van 2024 tot 32,9% gestyg in vergelyking met die 32,1% van 2023 se laaste kwartaal.

Statistiek Suid-Afrika het vanoggend die werkloosheidsyfer vir die eerste kwartaal bekend gemaak. Hiervolgens het 22 000 meer mense werk gekry as teenoor die laaste kwartaal van 2023. Dus is daar nou nagenoeg 16,7-miljoen werkende Suid-Afrikaners.

Daarteenoor het 330 000 mense hulle werk verloor, en is ‘n totaal van 8,2-miljoen Suid-Afrikaners tans werkloos.

Volgens SSA het die werkloosheidsyfer steeds gestyg omdat die totale arbeidsmag vinniger gegroei het as wat daar werk geskep is. Die uitgebreide werkloosheidskoers het ook gestyg tot 41,9%. Daar is volgens die data 12,1-miljoen Suid-Afrikaners vir werk beskikbaar, maar het nie werk nie.


Current track

Title

Artist