Werkloosheidskoers styg tot 32.5%

Deur on

23 Februarie 2021

Statistiek Suid-Afrika het vanoggend die amptelike werkloosheidsyfer vir die vierde kwartaal van 2020 bekend gemaak.

Luidens Statistiek Suid-Afrika het 1.397 miljoen mense in 2020 hul werk verloor. Dit kan veral voor die deur van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings gelê word.

Dit beteken dat die werkloosheidskoers vir die vierde kwartaal van 2020 nou gestyg het tot 32,5% teenoor 30.8% in die derde kwartaal van verlede jaar.

Dis opnuut ’n rekord sedert die syfers in 2008 gemeet word.

Die land se uitgebreide werkloosheidskoers, wat ontmoedigde werksoekers insluit, het effens teruggesak tot 42,6%, vanaf 43,1% in die derde kwartaal van 2020.


Lees verder

Current track

Title

Artist