Werkloosheid teen einde 2023 op 32,1%

Deur on

20 Februarie 2023

16,7-miljoen Suid-Afrikaners het werk.

Dit volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se indiensnemingspeiling vir die vierde kwartaal van 2023. 

Die afgelope agt kwartale het die hoeveelheid mense met ‘n standvastige werk toegeneem, maar in die laaste kwartaal van verlede jaar het dit effens gedaal met 22 000 minder mense wat werk, in vergelyking met die derde kwartaal.

Die hoeveelheid werklose mense het in dieselfde kwartaal met 46 000 tot 7,9-miljoen gestyg.

Die syfers het werkloosheid tot 32,1% laat styg, van 31,9% in die derde kwartaal. 

Uitgebreide werkloosheid – die syfer wat ook ontmoedigde werksoekers tel wat nie op die oomblik aktief werk soek nie – het effens gedaal, van 41,2% tot 41,1%.  

Volgens SSA het die formele sektor in die laaste deel van verlede jaar 128 000 minder mense aangestel, terwyl die informele sektor 124 000 meer mense aangestel het.

Volgens die data het die meeste poste in die Oos-Kaap, naamlik 111 000 verlore gegaan, gevolg deur Limpopo (40 000), Noordwes (30 000) en die Noord-Kaap (2300).


Current track

Title

Artist