Wêreldboekedag: Meer as 70% van openbare skole het nié biblioteke nie

Deur on

23 April 2024

AfriForum sê 74,2% van die 22 597 openbare skole in die land het geen biblioteke nie.

Die organisasie meen op wêreldboekedag – 23 April – kom die belangrike rol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig, en daarom vra AfriForum van die departement van basiese onderwys om toe te sien dat nog biblioteke by skole opgerig word.

In ‘n onlangse studie van die departement is bevind dat 43,1% van biblioteke in skole ‘n ernstige tekort aan boeke het.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, het dié departement aangedui dat hy sowat R8-miljard nodig sal hê om toe te sien dat alle skole biblioteke kry, en dat daar genoeg boeke is in die biblioteke wat wél daar is.

“Die feit dat 81% van die land se Graad 4-leerders volgens die internasionale Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS-studie) van 2021 nie met begrip kan lees nie, kan onder meer aan kinders se gebrek aan blootstelling aan boeke toegeskryf word, ” sê Bailey.


Current track

Title

Artist