Weermag begin met soektog ná soldaat met aanvalsgeweer dros

Deur on

25 Julie 2023

’n Gesamentlike soektog deur die weermag en die polisie is van stapel gestuur ná ‘n soldaat met ‘n R4-aanvalsgeweer van ‘n militêre opleidingsfasiliteit gedros het.

Die SANW het bevestig dat ‘n saak van diefstal van ‘n wapen by die polisie geopen is, en dat die soldaat as vermis aangemeld is.

Weermagbevelvoerders het tydens ‘n parade opgemerk dat die soldaat – wat verbonde was aan die Infanterieskool op Oudtshoorn – afwesig was sonder verlof.

Hy was deel van ‘n span 28 soldate wat ‘n 10 week-lange kursus in gevorderde fisiese en sielkundige opleiding ondergaan het.

Volgens berigte het opleidingsinstrukteurs aan die soldaat gesê het dat hy nie mag tou opgooi nie omdat te veel soldate reeds van dié betrokke kursus onttrek het – en dat dit gevaar geloop het om opgeskort te word. 

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist