Landbou en Pretoria FM is vandag by TLU SA se jaarlikse kongres en ons saai regstreeks van hier af uit. Ons gesels met belanghebbendes wat vandag by dié kongres betrokke is. Ons gesels onder meer oor die handves van beskerming en eiendomsreg. Misdaad op die grens tussen Lesotho en die Vrystaat is ‘n groot probleem. Ons vind later uit of daar ‘n oplossing vir die probleem is.
Ons fokus vandag op die BBP-syfers met betrekking tot die landbousektor. Ons gesels ook oor die jongste in- en uitvoer-data, asook die goeie nuus oor rentekoerse. EN, harde werk begin vrugte afwerp vir beesvleis-uitvoerders – ons vind later meer uit.
Groeivooruitsigte vir landbou se bruto binnelandse produk is volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se jongste vooruitskouing swak en kan in die volgende dekade sywaarts beweeg. Ons gesels vandag verder daaroor. Die landbouorganisasie TLU SA se kongres vind hierdie week plaas. Ons vind uit wat dit behels.